Beter Keuses - Beter Jy - Beter Lewe!
Is jy siek en sat daarvan om te probeer om jou gewoontes te verander of nuwe doelwitte te stel net om ’n paar dae later op te gee en volgende Maandag weer te probeer? Jy is desperaat om te volhard om beter keuses te maak omdat jy ’n beter jy wil wees, en ’n beter lewe wil hê! Maar... dis ’n stryd net om al die balle in die lug te hou om als gedoen te kry en almal gelukkig te hou. Jy voel alreeds uitgebrand en het skaars tyd of energie vir jouself. Vriendin, jy is op die regte plek op die regte tyd want ek verstaan maar alte goed. Eens op ’n tyd was dit ek! Maar raai wat! Tyd en energie is nie die probleem nie. Beperkende oortuigings en self-sabotasie is die ware sondebokke! So, trek jou nota boek en pen nader en maak gereed om ’n beter jy en ’n beter lewe te skep. Nie net vir jouself nie, maar vir almal om jou. Jy IS geskep om God se lig te skyn in hierdie donker wêreld. Waarvoor wag jy? Kom kuier saam met my en leer hoe om beter keuses te maak vir ’n beter jy en ’n beter lewe.
Episodes
Thursday Nov 02, 2023
2 | Kies vandag om ’n baken van hoop te wees.
Thursday Nov 02, 2023
Thursday Nov 02, 2023
Welkom by die Beter Keuses - Beter Jy - Beter Lewe - Potgooi Program. Jy is op die regte plek op die regte tyd. Gryp jou nota boek en pen maak gereed om 'n beter jy en 'n beter lewe te skep. Nie net vir jouself nie, maar vir almal met wie jy in aanraking kom. Kom leer vandag hoe om jou verlede te eien en dit jou getuienis te maak om ander te inspireer en aan te moedig.
Saturday Jul 22, 2023
1 | Welkom By Die “Beter Keuses - Beter Jy - Beter Lewe” Potgooi Program
Saturday Jul 22, 2023
Saturday Jul 22, 2023
Welkom by die Beter Keuses - Beter Jy - Beter Lewe Potgooi Program. Die Program waar jy leer hoe om beter keuses te maak om ‘n beter jy te wees, en ‘n beter lewe te skep sodat jy God se lig kan skyn in hierdie donker wêreld.Volg my ook op: https://www.instagram.com/wilma_mostert/ Musiek deur: NOWË - Under The Sun (Vlog No Copyright Music)